Private Klets

Updated by Geoff Hensley

Private klets laat 'n gasheer toe om op 'n individuele vlak met 'n kyker op die platform te klets. 

Versoek 'n Private Klets

Terwyl 'n kyker na 'n diens kyk, kan gebed tydens die diens versoek deur op die "Versoek Gebed"-knoppie te druk.

Die Versoek Gebedsfunksie kan afgeskakel word. Om dit te doen, verwyder die merkie uit die opsie "laat mense toe om 'n private klets met die gasheer met die Versoek Gebed-knoppie te versoek" Dis in die inhoudinstellings, wanneer jy 'n diens opstel. As dit afgeskakel is, sal dit terugkeer na die Vanlyn Gebedsvorm.

Aanvaar 'n Private Klets

In die Gasheerklets, sal gashere in kennis gestel word dat 'n kyker gebed versoek het. Om te aanvaar, kan die gasheer op "Aanvaar" klik en in 'n private klets met die kyker tree.

Inisieer 'n Private Klets

In die Kykerslys kan 'n gasheer 'n private, individuele klets met 'n kyker, wat aangemeld het, inisieer. Druk net op die naam en kies "Klets".

Terwyl 'n gasheer in 'n private klets is, kan hy 'n Ander Gasheer Uitnooi om by die klets aan te sluit.

Beëindig 'n Private Klets

Wanneer die gesprek tot 'n einde kom, sal jy die klets kan verlaat en dit sal die gesprek amptelik beëindig. Om 'n klets te beeïndig, kan die gasheer op "Verlaat" klik, regs bo by enige private gesprek.

Om die klets te verlaat is belangrik om 'n behoorlike aanduiding te gee by hoeveel private kletse 'n gasheer of kyker betrokke is.

Gebedsaanwyser

Wanneer 'n gasheer of kyker in 'n private klets is, sal 'n spraakborrel langs die naam op die kykerslys verskyn, asook 'n nommer wat aandui by hoeveel sessies hulle tans aktief betrokke is (dit word elke 10 sekondes opgedateer).


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)