Vrae Wat Dikwels Voorkom

Algemene Vrae

Hoe vee ek my rekening uit?

Dit spyt ons dat jy ons verlaat! Indien jy nie langer jou Church Online Platform-rekening nodig het nie, kan jy ons Ondersteuningspan nader & ons sal dit graag vir jou doen!

Waarom kan ek nie 'n geskeduleerde diens in 'n maand sien nie?

Tans wys die diensprogram slegs dienste wat regstreeks binne die volgende twee weke sal verskyn. Indien jy 'n Diens het wat vir langer as twee weke geskep is,

Watter webblaaiers kan ek op die Platform gebruik?

Ons Platform is getoets en werk met die volgende webblaaiers en bedryfstelsels. Hierdie lys is nie volledig nie en is onderhewig aan verandering.

  • Die nuutste weergawe van iOS en die een voor dit (van 1 November af, iOS 15 en 14)
  • Die meeste Android weergawes; dis getoets en blyk goed te werk op alle weergawes so ver terug as Android 4
  • Edge (nuutste weergawe)
  • Firefox (nuutste weergawe)
  • Chrome (nuutste weergawe)
  • Safari (lesenaarrekenaar, nuutste weergawe)
Hoe word ontledings bepaal?

Wanneer jy na jou naweek se getalle kyk, is dit belangrik dat jy weet hoe dit bereken word. Ons het ons ontledings vanuit 'n kerk se oogpunt opgestel, deur 'n kombinasie van webblaaiers se sessies en unieke gebruiker ID's gebruik te maak en waar die stroomverskaffer slegs op die video fokus. Wanneer iemand 'n kerkdiens in die webblaaier besoek, begin hulle 'n sessie. Wanneer kykers vanaf 'n ander toestel na die kerkdiens kyk, word 'n aparte sessie begin en dus as twee bereken.  Nietemin, indien 'n kyker met dieselfde rekening aanmeld, tel die ontledings slegs een sessie. Dit werk op dieselfde manier, selfs al word twee sessies van webblaaiers in dieselfde huishouding met dieselfde wêreldwye IP-adres besoek. Vind meer uit oor hoe om aanlyn sukses te bereken.

Moet my kykers inteken/aanmeld op die platform om na my kerkdiens te kyk?

Nee. Ons glo dit is belangrik om mense by jou kerk se aanlyn-ervaring welkom te heet, net soos jy dit by die ingang van 'n fisiese gebou sou doen. 'n Nuwe verwelkomingsbanier is bygevoeg sodat jou kerk 'n verwelkomingsboodskap kan insluit en kykers aanmoedig om 'n rekening te skep, sodat hulle tydens jou kerkdiens beter met ander kykers in verbinding kan tree. Hulle is egter nie verplig om 'n rekening te skep nie.

Is daar 'n uitnodigingsfunksie?

Daar is 'n paar maniere om dit te doen. Jy kan 'n navigasie-skakel invoeg wat na 'n uitnodigingsblad lei, of jy kan 'n uitnodigingsoomblik gedurende die diens hê.

Is daar 'n aftelling tydhouer?

Ja, 'n aftelling tydhouer sal vir gashere, sowel as gaste, op die platform vertoon word wanneer jy geskeduleerde dienste het. As jy 'n aftelling op jou eie webwerf wil inbed, sal jy die nodige inligting hier kry.

Is daar 'n manier om ander Oomblikke behalwe bekerings by te voeg?

Ja, ons het baie verskillende Oomblikke waaruit jy kan kies. Jy kan hier meer daaroor uitvind.

Kan ek enige deel van die Platform in my webwerf inbed?

Die Church Online Platform is 'n alleenstaande produk wat geskep is om kerke 'n spesifieke plek te bied vir aanlyn bediening deur hul online.church subdomein te gebruik. Om die platform op ander webwerwe in te bed, soos 'n kerk se webwerf, is nie hoe die platform veronderstel is om te funksioneer nie en dit is 'n potensiële veiligheidsrisiko, wat ons span reggemaak het. Daarom laat ons nie toe dat die platform elders ingebed word nie, maar jy kan 'n pasgemaakte domein by jou Platform voeg.

Kan ek my kerk se URL verander?

Ja, jy kan! Solank as wat daar nie 'n ander kerk tans daardie URL gebruik nie, kan ons dit vir jou verander ('n goeie manier om seker te is om die webwerf op die internet te soek, bv. mychurch.online.church om te sien of dit reeds bestaan). Skryf aan ons ondersteuningspan met daardie versoek & ons sal dit vinnig hanteer!

Kan ek 'n diens op 'n TV speel?

Ja! Jy kan nou 'n aanlynkerk bywoon deur middel van die blaaier op jou slimtelevisie of deur die televisie se toestelle. Tans is Church Online se funksionaliteit deur 'n TV-blaaier beperk tot die basiese video-ervaring. Om na die aanlynkerk op jou slimtelevisie of televisie toestel te kyk, kan jy die blaaier oopmaak en die webwerf besoek waar 'n aanlynkerk plaasvind.

Hoekom is die klank gedemp as ek die webwerf vir die eerste keer besoek?

Baie webblaaiers se instelling is van so 'n aard dat video's wat vanself speel, se klank af is wanneer jy die webwerf besoek. Ons beveel aan dat jy jou stroomverskaffer vra of dit verander kan word.

Is daar 'n manier om te klets as die video volskerm op jou selfoon vertoon?

Die Church Online Platform bed jou stroomverskaffer se speler in. Sommige spelers dwing volskerm af op sekere iOS webblaaiers. Ons beveel aan dat jy jou stroomverskaffer vra of daar 'n inbed-opsie is wat volskerm verhoed.

Stroomvrae

Kan ek Facebook Live as 'n stroomverskaffer gebruik?

Ja, Facebook Live kan op die platform gebruik word. Facebook gebruik egter algoritmes om kopiereg materiaal te identifiseer. Hierdie algoritme blokkeer soms die ingebedde video's verkeerdelik en die probleem kan nie maklik opgelos word nie. Ons beveel dus aan dat jy 'n alternatief oorweeg as jy hierdie probleem ondervind. Kyk na ons aanbevole lys van regstreekse stroomverskaffers vir 'n alternatief.

Wat is die verskil tussen die URL en inbedkode opsies in diensinhoud?

Die video-URL-opsie'se hoofdoel is vir nagebootse regstreekse uitsendings; en ingebedde kodes moet vir regstreekse uitsendings gebruik word. Facebook, Vimeo, YouTube en Wistia is die vier ondersteunde opsies om die URL mee te gebruik vir nagebootste regstreekse uitsendings, maar ander stroommaatskappye se video-URL's kan moontlik ook hierin werk. Die beste opsie is om jou URL te probeer byvoeg en as dit as ongeldig verskyn, sal jy eerder 'n ingebedde kode moet gebruik.

Hoe begin ek met 'n regstreekse stroming?

Ja, jy het 'n stroomverskaffer nodig wat inbedkodes verskaf wat jy op die Church Online Platform kan kopieer en plak.

Hoe begin ek met 'n regstreekse stroming?

Vir die tegniese opstelling, toerusting aanbevelings en ander algemene vrae, kan jy na die Life.Church Tegniese Span se Vrae & Antwoorde kyk.

Kan ons verskeie strome/dienste in een rekening gebruik?

Jy kan slegs een gebeurtenis of stroming op 'n slag doen. Om veelvuldige geleenthede te ondersteun, sal jy verskeie Church Online Platform-rekeninge nodig hê.

Kan ek direk na die Platform stroom met 'n RTMP-kode?

Ons aanvaar tans nie RTMP-kodes nie. Vind meer uit hoe jy in jou derdeparty webwerwe, soos Church Online Platform, kan inbed. Jy kan jou stroomverskaffer vra of hulle iframe inbedkodes kan verskaf.

Kan ek Restream gebruik om direk op die Platform in te bed?

Restream.io laat jou toe om gelyktydig na veelvuldige bestemmings te stroom, maar hulle het nie tans hulle eie speler nie. Vind meer uit oor wat hulle te sê het en hoe jy in jou derdeparty webweerwe, soos Church Online Platform, kan inbed.


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)