VIDEO: Toerusting Behoeftes

Stel jy belang in 'n praktiese oorsig van sommige toerusting en opstellings vir die Church Online Platform? Life.Church se uitsendingspan het 'n regstreekse YouTube uitsending gemaak waarin hulle al jou tegniese vrae beantwoord. Kyk na die volledige video hieronder en kyk na hul aanbevelings vir aanlynkerk toerusting.

Jy kan vandag alreeds begin om jou aanlynkerk te stroom ongeag hoe groot of klein jou begroting is.

Deur gebruik te maak van nagebootste regstreekse dienste, kan jy vandag heeltemal gratis begin.

Nagebootste regstreekse dienste word vooraf opgeneem en jy kan dit uitsaai asof dit regstreeks plaasvind.
  1. Verfilm die diens vanaf jou foon.
  2. Pas die begin en einde van die video aan met jou foon se ingeboude toepassing. 
  3. Laai die video op na 'n Vimeo- of YouTube-rekening.
  4. Koppel daardie video aan jou Church Online Platform-rekening.

As jy hierdie "Nagebootste Regstreekse"-ervaring op Facebook of Youtube wil hê, sal jy een of ander uitsending programmatuur moet gebruik. OBS (Open Broadcast Software) is 'n gratis toepassing wat jy kan gebruik en jy kan maklik tutoriale aanlyn vind van hoe om met OBS aan die gang te kom. 

Regstreekse dienste: Klein begroting

Indien jy 'n bietjie geld het om te spandeer en 'n ware regstreekse ervaring wil hê, kan jy van hierdie toerusting gebruik om mee te begin:

Vir 'n hoër kwaliteit USB-gebaseerde regstreekse webkamera:

  • Logitech C920 (of 'n beskikbare DSLR-kamera wat vir jou 'n duidelike HDMI-voer sal gee)
  • El Gato Camlink (Dit sal jou DSLR-kamera in 'n hoëgehalte regstreekse webkamera verander)
Jy sal 'n HDMI-kabel nodig hê om jou kamera aan die El Gato Camlink te koppel. Vir beide hierdie opsies gaan jy 'n OBS-studio moet gebruik. Vind 'n manier om jou klankbord aan die rekenaar te koppel wat die regstreekse diens behartig, om te verseker dat jy uitstekende klank het. 

Regstreekse dienste: Medium begroting

Indien jy 'n begroting het vir 'n nuwe kamera, begin met 'n eenvoudige DSLR:

  • Sony A 6600
    • Hierdie kamera kan dien as 'n goeie videokamera vir ander gebruike buiten die regstreekse diens. As jy die kamera koop, en nog 'n paar ander toerusting, sal jy in staat wees om ander hoëgehalte video's regdeur die week te vervaardig. 
  • El Gato Camlink
  • OBS Studio

Regstreekse dienste: Groter begroting

Met 'n groter begroting kan jy dinge doen soos om verskeie kamera's te gebruik om beelde te wissel.

  • Sling Studio
    • Dit sal jou die vermoë bied om kameras regstreeks te wissel.
    • Jy sal twee koordlose senders hê.
    • Sling Studio het 'n toepassing wat jou sal toelaat om tussen jou kameraskote te wissel, teksbeelde te gebruik en voorafopgeneemde video's te laat speel.
    • Jy hoef nie OBS te gebruik om regstreeks te gaan nie, maar dit word aanbeveel.
  • iPad/Windows Surface
    • Dit kan makliker wees om die Sling Studio-toepassing op 'n tablet te gebruik. 
    • iPad
  • Kameras:
    • Al jou kameras moet ooreenstem. As jy van die medium begroting na hierdie groter begroting gaan, is dieSony A 6600s'n goeie keuse.
  • El Gato Camlink
    • Sling Studio het 'n HDMI-uitgangspoort. Gebruik 'n HDMI-koord na die camlink wat aan jou rekenaar koppel wat OBS gebruik. 

Met hierdie opstelling het jy 'n paar mense nodig om dit alles te laat gebeur: 

  • Wisselaar
    • Jy sal iemand nodig hê wat die iPad/Windows Surface gebruik om kameraskote te wissel.
  • OBS-operateur
    • Jy sal iemand nodig hê om die verskillende skote in OBS oor te sit.
  • Vervaardiger/Uitvoerende bestuurder
    • Dis beter om iemand te hê wat die hele diens beheer en kan aandui watter skote volgende is en hoe die vloei van die diens moet plaasvind.

Ons weet dat dit 'n groot taak kan wees om 'n aanlynbediening te begin, maar daar is 'n groot verskeidenheid opsies beskikbaar van gratis tot duur. Spesiale dank aan die Life.Church uitsendingspan vir hierdie lys van opsies!


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)