Besonderhede oor Gebruikers

Wanneer iemand 'n rekening skep op jou Church Online Platform-rekening, word die persoon 'n gebruiker. Daar is verskillende soorte gebruikersrolle sowel as maniere om 'n gebruiker uit te nooi, of om 'n gebruiker se rekening te beheer of uit te wis.

Soorte gebruikersrolle

Geen rol
  • Dit is jou kykers. Elke gebruiker wat op jou webwerf inteken, sal by verstek geen rol hê nie. Hierdie gebruiker sal hul bynaam kan stoor vir latere gebruik en sal slegs die gaste-ervaring kan sien.
Gasheer
  • Gashere is gebruikers wat help om jou kykers te lei en in jou dienste laat deelneem. Wanneer hulle aangemeld het, sal hulle toegang hê tot die gasheer hulpmiddels.
  • Die gasheer kan ook kletsboodskappe beheer deur gebruikers te demp of individule boodskappe uit te wis. Hulle kan ook individuele gesprekke met kykers begin. Hulle doen dit deur op 'n individuele boodskap te klik.
  • Gashere sal regstreekse gebedsversoeke kan ontvang en daarop reageer.
  • Gashere kan Oomblikke in die openbare klets plaas.
  • Gashere het nie toegang tot admin nie.
Admin
  • Admin het dieselfde toegang as Gashere.
  • Admins het ook toegang tot alle instellings in die admin en om dit te verander.
  • Admins kan nie die rol van Eienaar aan enige gebruiker toewys of die Eienaar se rolle verander nie.
Eienaar
  • Eienaars het al die toestemming van Admins en Gashere.
  • Eienaars is die enige persone wat die rol van Eienaar aan ander gebruikers kan toewys.
  • Eienaars het die vermoë om te versoek dat 'n rekening beëindig word.

Verander 'n gebruiker se rol

Om 'n gebruiker se rol te verander, gaan na Admin en klik op die "Gebruikers" oortjie.

  1. Soek die gebruiker wat jy wil opdateer en klik op die naam. Jy kan na gebruikers soek volgens bynaam, volle naam, e-posadres of rol.
  2. Klik op die "Rol"-veld om al die opsies vir rolle te sien en kies die rol wat jy wil toeken.
  3. Klik "Stoor".

Wis 'n gebruiker uit

Om 'n gebruiker vanuit die databasis te verwyder, gaan na Admin en klik op die "Gebruikers" oortjie.

  1. Soek die gebruiker wat jy wil uitwis.
  2. Klik op die Vee uit-knoppie.
  3. Bevestig dat jy die gebruiker wil uitvee.


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)