Stel Facebook-aanmelding Op

Facebook-aanmelding laat jou kykers toe om by jou Church Online Platform-rekening aan te meld, deur hulle Facebook aanmeld-besonderhede te gebruik. Hulle kan dan 'n gebruikers-rekening in die Chucrch Online Platform skep. Dis 'n twee-stap proses wat Facebook en die Church Online Platform insluit.

Stel die Facebook Toep Op

  1. Gaan na: developers.facebook.com en skep 'n rekening, indien jy nie een het nie
  2. Klik op "My Toeps"
  3. Klik "Voeg 'n Nuwe Toep By"
  4. Klik "Vir Alle Ander"
    1. Toep Vertoonnaam: Jy kan jou kerk se naam gebruik
    2. Toep se Kontak-e-pos: Gebruik jou e-posadres
    3. Besigheidsbestuurder: Kies een indien nodig
    4. Klik "Skep Toep ID"
    5. Klik "Iets Anders"
  5. Vul die naam van jou toep in. Voorbeeld: Church Online Aanmelding
  6. Klik "Stel Op" onder Facebook Aanmelding
  7. Gaan na die sypaneel: Produkte>Facebook Aanmelding> Klik op "Instellings"
  8. Vul jou Church Online Platform se URL en Pasgemaakte Domein (as jy een gebruik) in die "Geldige OAuth Redirect URL'e" en voeg "/auth/facebook/callback"
    by. Voorbeeld: https://churchname.online.church/auth/facebook/callback
    Pasgemaakte Domein voorbeeld: https://live.churchname.com/auth/facebook/callback
    1. Klik "Stoor Veranderinge"
  9. Gaan na die sypaneel en klik op: Instellings>Basies
  10. Kopieer die Toep ID en Toep Geheim en hou die Faceboekontwikkelaar se bladsy oop.
  11. Voeg jou privaatheidsbeleid se URL by.
  12. Voeg jou Gebruiker se Datauitwissing se URL by. Dit kan dieselfde wees as jou privaatheidsbeleid-URL, indien jou beleid die inligting spesifiseer.

Stel die Faceboek-aanmelding in die Church Online Platform op

  1. Gaan na jou Church Online Platform se rekening en meld aan as admin
  2. Gaan na: Admin > Integrasies > Facebook
  3. Kopieer en plak die Facebook Toep ID en Toep Geheim in die regte velde
  4. Klik "Stoor"

Skakel die Facebook Toep Aan

  1. As dit in die Church Online Platform opgestel is, gaan terug in Facebook se ontwikkelaars-hulpmiddels en klik die skakelaar langs "Regstreeks", om dit aan te skakel.


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)