Stel Google Ontledings Op

Updated by Geoff Hensley

Voeg Google Ontledings by jou platform se rekening

Google Ontledings kan vir jou bykomende datapunte gee om jou te help om 'n idee te kry van jou doeltreffendheid en tendense. As jy Google Ontledings by jou platform se rekening voeg, laat dit jou toe om te sien hoeveel kykers na advertensies kyk, asook die demografiese data (insluitende data, geslag, ouderdom en selfoon teenoor lessenaarrekenaar) van die kykers op jou aanlynkerk se webwerf.

Stel Google Ontledings Op

  1. Kry jou Google Ontledings se Opsporings-ID. Die kode sal min of meer so lyk: UA-123456789-1.
  2. Plak daardie kode in die Integrasie en Google Ontledingsafdeling van Admin.
  3. Stoor die kode en dan sal die integrasie geaktiveer word.

Jou kerk se aanlyndata sal nou na Google Ontledings gestuur word.

Laat Gebruiker-ID Opsporing Toe

Die Gebruiker-ID laat jou toe om data van betrokkenheid van verskillende toestelle en veelvuldige sessies te assosieer, sodat jy kan ontdek hoe gebruikers oor 'n lang tydperk met jou inhoud omgaan.

Om hierdie funksie te aktiveer, moet jy:

  1. Instem tot die Gebruiker-ID se beleid, in die Admin-afdeling van Google Ontledings.
  2. (Opsioneel) Aktiveer Sessie-samesmelting
  3. (Opsioneel) Skep 'n Gebruiker-ID Aansig

Die Platform sal ook aan Google Ontledings verslag lewer as kykers verskeie aksies neem, soos:

Hartkloppe: die platform stuur gebeurtenisse wat aandui dat die kyker vir 'n sekere tyd op die bladsy was. Harklop-gebeurtenisse word gestuur as die kyker teenwoordig was vir 3, 10 en 30 sekondes; dit stem ooreen met die data wat op jou Admin se paneelbord wys.

Oomblikke: 'n gebeurtenis word gestuur wat aandui dat die kyker op 'n Oomblik gereageer het, bv. dat hy op die "Donasie"-knoppie gedruk het. Die gebeurtenis dui die soort Oomblik aan (bv. Maak Kontak, Haal Aan, Bekering, ens.), asook die aksie wat geneem is (bv. Stuur, Deel of Hou Van).

Klets: 'n gebeurtenis word elke keer gestuur as 'n kyker 'n kletsboodskap plaas. Dit dui aan of dit 'n openbare klets, of 'n regstreekse gebedsessie was, en of dit in 'n direkte klets, of in gasheerkanaal was. Die gebeurtenis bevat nie die boodskap wat gestuur is of die kyker se kletsnaam nie.

Regstreekse Gebed: 'n gebeurtenis word gestuur as 'n regstreekse gebedsessie deur die kyker versoek is.

Rekening Intekening: 'n gebeurtenis word gestuur as 'n kyker die registrasieproses begin om 'n rekening te skep.


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)