Gebruik Oomblikke tydens 'n diens

Updated by Eric Lutz

Plaas 'n Oomblik per hand

Oomblikke word gebruik om jou kykers tydens 'n diens te bereik en hulle by die diens te betrek. Om kykers toe te laat om Oomblikke te sien, moet hulle geplaas word. Enigeen in 'n gasheer-, admin- of eienaarsrol, kan toegang kry tot die gasheer hulpmiddels waar Oomblikke tydens die diens geplaas kan word.

Maak seker voor die diens begin dat jy Oomblikke bygevoeg het onder die Voeg Inhoud By oortjie.
Oomblikke sal vertoon al is die klets nie geaktiveer nie.

  • Sodra jou diens aan die gang is, sal jy toegang hê tot die Oomblik-oortjie.
  • Elke Oomblik wat jy by 'n diens voeg, sal hier vertoon word.
  • Om 'n Oomblik in die Openbare klets te plaas, druk op die Plaas-knoppie by die ooreenstemmende Oomblik.

Plaas 'n Oomblik outomaties

Jy wil dalk 'n oomblik skeduleer om outomaties geplaas te word, sodat jou gashere vry is om op klets en gebedsversoeke te fokus.

Stel 'n skedule op

Om Oomblikke vir 'n diens te skeduleer:

  1. Wysig jou diensinhoud vanuit admin, deur die titel, video besonderhede, notas en nog meer by te voeg.
  2. Skakel die "Plaas Outomaties" skakelaar vanuit jou diensinhoud aan.
  3. Kies 'n tyd wanneer elke Oomblik geplaas moet word.
    Die plasingstyd vir Oomblikke is gebaseer op die vroegste begintyd van die klets in jou diens. Byvoorbeeld: as jou diens om 10:00 begin, maar jou klets begin 5 minute voor die tyd, dus 9:55, sal die Oomblikke se tydsberekening om 9:55 begin. Kyk na Verstaan Dienstydsberekening.

Om dieselfde Oomblik te stel om verskeie kere te vertoon, voeg net nog 'n weergawe van daardie oomblik by, deur op die "Voeg Oomblik By"-knoppie te druk en stel 'n spesifieke tyd op vir daardie plasing.

Ignoreer Outomaties-geplaaste Oomblikke

As Oomblikke op outomaties gestel is, sal dit nie meer vir die gasheer nodig wees om die Oomblikke op spesifieke tye te plaas nie. Indien gashere egter beheer moet oorneem, is dit vir hulle moontlik om die outomatiese plasing van oomblikke af te skakel. Enige unieke Oomblik wat by die diens gevoeg was, kan per hand geplaas word.

Gashere sal in staat wees om die outomatiese plasing van Oomblikke weer aan te skakel en die plasingskedule vir elke Oomblik sal op die regte tyd aangaan.

Wis 'n Oomblik uit

Het jy per ongeluk 'n Oomblik geplaas wat jy nie wou nie? Geen probleem! Klik net op die 3 vertikale kolletjies regs van die Oomblik en klik op die "Wis Oomblik Uit"-knoppie.


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)